Accordly

Halala Afrika

Johannes Kerkorrel

Halala Afrika

1ste Vers: Toe die wêreld hier nog jonk was En die horison wyd en oop Was dit groen hier in die halfrond Suid van die ewenaar En in die skemer as die son sak En die beeste huis toe loop Klink die roepstem van die vroue Oor die heuwels van die land Refrein: Halala, halala Ewig is ons Afrika tula tula mtanami tula tula sanoboni tula tula mtanami ubab uzobuya sihlale naye ubab uzobuya sihlale sonke 2de Vers: Toe kom die skepe uit die weste Wit seile oor die see Om te vra vir kos en water En te bly vir soveel meer En die land wat een tyd oop was Die land het ons verruil Vir die ghetto's van die stede Is ons koperdraad gegee halala, Afrika sasiphila kamnandi mayibuye afrika 3de Vers: Daar was rykdom in die maag Van ons moeder afrika Diamante, steenkool, goud, edel metaal En die mense word die slawe hier Want die mense word betaal Om te tonnel in die aarde Elke greintjie uit te haal 4de Vers: En die groot en oop grasvlaktes Span dit toe met doringdraad En van die olifant tot die gemsbok Al die diere moes kom buig Voor die mag van die Grootwildjagter Voor die mag van sy groot geweer Totdat net die stilte oorbly Totdat net die stilte heers