Accordly

Sally Williams Nougat

Jak de Priester

Sally Williams Nougat

1ste Vers: Ek het jou dopgehou met 'n jas in jou hand Deur doeane gespook na 'n nuwe land Jou oë was natgehuil, maar jou hart was braaf Mens is eenkeer jonk, mens is eenkeer laf Daar lê 'n vreemde daarbuite, lê 'n pond of twee Selfs die liefde kan wag, net die tyd sal leer Maar ek moet nou gaan ek sien jou eendag weer Deur die internet kan ons tog kommunikeer KOOR: Ek mis die Dinsdagaand movies by die Brooklyn Mall Ek mis die stoeigevegsessies as ek oor jou rol Ek mis die Sally Williams Nougat by die Groenkloof Spar Ek mis die lekker sagte leerseats van jou nuwe kar Ek mis die koffie met die skuim op en jou stywe jeans Ek mis die vat van jou hande in 'n movie scene Ek mis jou naam op my foon en jou SMS Ek mis jou mond en jou hande en ook al die res Ek mis die Sondagoggendbrêkfis en jou DSTV Ek mis die liefde jy't belowe jy vir my nog sou gee 2de Vers: 'n Brief in die pos is wat ons liefde was Ek en jy is met die tyd belas Vir die eerste maand was my hart verniel En oral waar ek kom is ek 'n derde wiel Maar die tyd sal leer was jou woorde Ek het jou lief, was jou brief Jy's 'n poet my ding; jy moet aanhou sing Deur die Internet praat ons gou-gou weer KOOR: Ek mis die Dinsdagaand movies by die Brooklyn Mall Ek mis die stoeigevegsessies as ek oor jou rol Ek mis die Sally Williams Nougat by die Groenkloof Spar Ek mis die lekker sagte leerseats van jou nuwe kar Ek mis die koffie met die skuim op en jou stywe jeans Ek mis die vat van jou hande in 'n movie scene Ek mis jou naam op my foon en jou SMS Ek mis jou mond en jou hande en ook al die res Ek mis die Sondagoggendbrêkfis en jou DSTV Ek mis die liefde jy't belowe jy vir my nog sou gee VERS: Maar ek moet nou gaan ek sien jou eendag weer Deur die internet kan ons tog kommunikeer Daar lê 'n vreemde daarbuite, lê 'n pond of twee Selfs die liefde kan wag, net die tyd sal leer